Tuisblad
Hoof Kieslys
Tuisblad
Agtergrond & Geskiedenis
Produkte & Dienste
Nuutste Nuus
Kalender
Artikels
"FAQ's"
Kontak Ons
Advertensie

Te Huur/Te Koop

5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade

  • Te Huur: Beskikbaar 1ste Januarie 2015 - R37'500/m
  • Te Koop R9.5m - Navrae (GEEN AGENTE ASB) Kontak Eienaar 082 297 0664
Spesiale Aanbod....

Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting...

Luister saam...

Radio Namakwaland

 

Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!

 

Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz.

Soekboks
Inteken Vorm





Wagwoord vergeet?
Taal Voorkeur
Afrikaans
Wies Aanlyn
Ons het 1956 gaste op die webwerf
Dwelm Misbruik PDF Druk E-pos

Inleiding

 

Die mark is geweldig groot en die polisie het hulle hande vol om die toegang tot die mark te beperk! A.g.v. tegniese punte word sommige sake uitgegooi, maar daar is ook ongelukkig korrupte polisie beamptes wat as informante dien aan die dwelmkartelle wat dan die pogins van die polisie verydel.

 

  1. Statistieke

    Daar word bereken dat 70% van alle dwelmafhanklikes Suid-Afrika, afhanklik is van middels wat oor die toonbank beskikbaar is – bv. alkohol, nikotien, pyn en slaappille en produkte soos hoesstroop, gom en brandstof.

     

    Statistieke bereken dat 2 uit elke 3 jongmense eksperimenteer met dwelmmiddels, bykans 4 miljoen jongmense eksperimenteer met dwelmmiddels! Dwelmafhanklikheid by tieners volgens SANCA is  tussen 40% en 60% van alle tieners hoë risiko gevalle om afhanklik te word van dwelms. 1 uit elke 6 jongmense (±15%) is reeds afhanklik van dwelmmiddels!
     

  2. Toeganklikheid

    Die toeganklikheid tot die gebruik van dwelms soos alkohol, nikotien (sigarette), pynstillers, eetlusdempers, slaappille, en ander middels soos brandstof en gom, asook die beskikbaarheid van middels soos dagga, tik, kokaiën, heroiën en extacy op strate en veral in die omgewing waar jongmense sosialiseer is een van die hoof oorsake van die toename in die gebruik van en afhanklikheid van dwelmmiddels in Suid-Afrika.
     

  3. Oningelig

    Bobejaan-politiek (‘hear no evil, see no evil, speak no evil’) by sowel ouers en skoolowerhede oor die afgelope dekades is ten spyte van die owerhede se oproepe nogsteeds aan die orde van die dag. Die naïwiteit by beide ouers en jongmense t.o.v. die moontlikheid van dwelmafhanklikheid, wys juis op die haas onmoontlike taak om die gebruik en misbruik te bekamp.

     

    As jongmense en selfs ouers net kan besef wat die gebruik van middels soos alkohol en nikotien aan die sentrale senuweestelsel en die breinfunkies doen. ‘n Mens se brein is die kern van al jou vermoëns en jou liggaam kan alleenlik reg funksioneer wanneer jy die korrekte hoeveelhede natuurlike chemise middels verskaf. Sommige liggame het aanvullings nodig, maar dit moet deur professionele persone voorgeskryf en gemonitor word.
     

  4. Onbetrokkenheid

    Te maklik word die dwelmafhanklikheid onder die mat gevee deur leerders uit skool of werkplek te skors of af te dank en word die probleem aangeskuif na ‘n volgende skool of werk, in plaas daarvan dat professionele hulp ingeroep word en die persoon gehelp word.

     

    Vir die afgelope 35 jaar bied ek gratis berading aan en was ek telkens betrokke by die rehabilitering van dwelmafhanklikes – dit is uiters belangrik om verby die dwelmafhanklikheid te kyk na die oorsaak – die rede agter die persoon se aanvanklike eksperimentering of gebruik van dwelmmiddels. Daarby is die samewerking met professionele persone uit alle sektore – die mediese, sielkundige, maatskaplike en onderwyskringe van uiterste belang.

 

Oplossing

 

Die enigste wyse waarop ons hierdie probleem gaan kan hokslaan is wanneer die hele samelewing begin saamstaan en saamwerk:

 

  1. inligting te versamel en veral die jong kind voorskools en op primêre vlak deeglik in te lig oor die gevare van dwelmmiddels;

  2. die behandeling van die dwelmafhanklike holisities te benader en te hanteer;

  3. informasie van die dwelmkartelle aan die owerhede beskikbaar te stel sodat die handel in dwelmmiddels nog swaarder gestraf kan word!

 

Indien kerke en skole ouers en jongmense van feite voorsien en vinniger hulp verleen of hulp inroep kan die gebruik en misbruik van dwelmmiddels vinniger hokgeslaan word!

 

Comments
Add NewSearch
Basie Niemandt   | 196.213.72.xxx | 2009-04-20 10:47:23
Although places like SANCA know exactly how difficult it is to get rid of any dependency, they are making it to easy for somebody to get off their rehab programs. This is an issue that should be addressed aggressively and not stopped because the dependent person would like to get back to his old habits.

Dependency to drugs must be cured over a longer period. 6 weeks will never change any ill behaviour. Some of these people are dependent on or have been using these substances for long and the dependence should be broken and new behaviour embedded before it can be accepted that it will be cured.

There should be a follow-up after the rehab process was completed. A parole officer or other person should be assigned to help this person to get himself healed completely.
Write comment
Name:
Website:
Title:
 
 
Security Image
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved.

 

Section 21 | Registration No: 1999/08895/08 | Welfare No.: 008954
Copyright © 2024 - Youth at Heart Development
Website Design & Hosting By Web 500