Tuisblad
Hoof Kieslys
Tuisblad
Agtergrond & Geskiedenis
Produkte & Dienste
Nuutste Nuus
Kalender
Artikels
"FAQ's"
Kontak Ons
Advertensie

Te Huur/Te Koop

5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade

  • Te Huur: Beskikbaar 1ste Januarie 2015 - R37'500/m
  • Te Koop R9.5m - Navrae (GEEN AGENTE ASB) Kontak Eienaar 082 297 0664
Spesiale Aanbod....

Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting...

Luister saam...

Radio Namakwaland

 

Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!

 

Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz.

Soekboks
Inteken Vorm





Wagwoord vergeet?
Taal Voorkeur
Afrikaans
Wies Aanlyn
Onderwyser Opleiding PDF Druk E-pos

Inleiding

 

Oor die algemeen sal u met my saamstem dat onderwysers dikwels meer tyd met die jongmens spandeer, as wat die meeste ouers doen. Daarom sal die onderwyser ook baie vinniger enige gedragsveranderinge wat by die jongmens voorkom identifiseer, bv. daling in akademiese prestasie1 , tekort aan konsentrasie, houding- en gedragsveranderinge en selfs simptome van dwelmmisbruik, mishandeling ensovoorts.

 

Ons vind nogsteeds ‘n toename in dwelmmisbruik, seksuele aktiwiteite en eksperimentering, depresie, selfmoord pogings en jongmense wat getraumatiseer is, weens die omstandighede waaraan hulle blootgestel is, bv. ouers wat skei, blootstelling aan misdaad soos inbrake, gewapende roof, verkragting , moord, as ook die dood van ‘n naby verwante persoon – ouer/s, broer of suster, vriend/in, ensovoorts. 

 

  1. Strukture Verbrokkel

    In die verlede was daar strukture wat die jongmens kon bystaan in sulke tye. Die strukture is egter besig om te verbrokkel:

    • 1 uit twee derdes ouers skei;
    • 70% van alle jongmense is nie betrokke by enige kerk nie.

      

  2. Berading Aan Jongmense in Krisis

    In die afgelope 34 jaar het ek my lewe daaraan gewy om die jongmens gratis by te staan in sy of haar krisis. Oor die afgelope 12 jaar het ek my ook daarop toegelê om mense (professioneel en nie-professioneel), wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling en opvoeding van jongmense, op te lei om ‘n beter begrip te hê vir die jongmens, asook kennis en vaardighede om die jongmens in sy krisis by te staan.

     

    Van die ongeveer 600 persone wat ek reeds opgelei het, kom uit onderwys-kringe (insluitend, skoolsielkundiges, skoolhoofde, en adjunkhoofde), wat baie positief was oor die opleiding. Daar is baie van die mense wat dan ook sedertdien op ‘n gereelde basis kontak hou.

     

    Met die verloop van tyd is die kursus in jeugberading2 aangepas, met nuwe aspekte en inligting. Daarom het ons besluit om naas die opleiding ook voortgesette opleiding via die internet beskibaar te stel aan diegene wat reeds suksesvol die opleiding voltooi het.

     

  3. Youth at HEART Development - Die Volgende Stap!

    In 2008 het Youth at HEART Development reeds vir nege jaar die gemeenskap, jongmense, organisasies en instansies (soos skole, tersiêr en kerke), bygestaan met jeugontwikkeling, jeugberading en kruis-kulturele verhouding bou. Ons het ook gaan besin oor hoe ons nog meer kan doen om jongmense in hul krisisse kan by te staan.

     

    Daarom het ons gereken, as ons 5 onderwysers per skool kan oplei, en hulle sou elkeen slegs ‘n 100 leerders per jaar kan help, bereken ons dat daar ongeveer 27 miljoen3 jongmense in Suid-Afrika gehelp kan word, oor die volgende 10 jaar!

     

  4. Voortgesette Opleiding

    Naas die opleiding het ons dan ook die webblad: www.heart.org.za geskep, waarop die ‘blog’ vir voortgesette onderwys en opleiding sal verskyn. Vir ‘n minimale bedrag per maand sal daar aanvanklik elke tweede week nuwe inligting, bykomende materiaal, asook die nuutse wetgewing en regulasies aangaande berading in skole beskikbaar gestel word. 

     

Oplossing

Aangesien ons opgemerk het dat baie onderwysers dit nie kan bekostig om die kursus by te woon nie, het ons besluit om die sakesektor te nader om die skole in hul omgewing te subsidieer. Ek vertrou dat met u ondersteuning ons nog meer jongmense sal kan help deur vroegtydig hulle probleme te ontdek en hulle dan op ‘n verantwoordelike wyse by te  kan staan in hul krisisse.

 

As sakesektore ‘n berekening kan maak van die aantal skole in hul direkte omgewing en dan help om dié onderwysers se opleiding te subsidieer, kan ons landwyd ‘n verskil maak in die jongmense se lewe en deur die samewerking van die professionele persone rondom dié skole só te struktureer dat jongmense gouer professionele hulp kan kry, sal ons ‘n beduidende verskil kan maak in ons samelewing. Hierin kan die plaaslike kerke ons geweldig bystaan deur ons in kontak te bring met die sakesektore, die skool en die professionele persone.

 


  1. Daar word bereken dat van die 1.5 miljoen leerders wat elke jaar met Gr. 1 begin, slegs 850'000 met matriek klaar maak!
  2. Advanced Course in Counselling Youth in Crisis (ISBN 0-9584637-2-7)
  3. Gebaseer op 5'585 hoërskole. Neem ons die laerskole ook in berekening sal die potensiële getal ver oor 50 miljoen styg!

 

Comments
Add NewSearch
Write comment
Name:
Website:
Title:
 
 
Security Image
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved.

 

Section 21 | Registration No: 1999/08895/08 | Welfare No.: 008954
Copyright © 2019 - Youth at Heart Development
Website Design & Hosting By Web 500