Tuisblad
Hoof Kieslys
Tuisblad
Agtergrond & Geskiedenis
Produkte & Dienste
Nuutste Nuus
Kalender
Artikels
"FAQ's"
Kontak Ons
Advertensie

Te Huur/Te Koop

5 Slaapkamer, 3.5 Badkamer, Studeer kamer, 3 leef areas, swembad, Jacuzzi & 3 Slaapkamer Woonstel als 1km vanaf Universiteit van Pretoria in sekuur area - Ideaal as Ambasade

  • Te Huur: Beskikbaar 1ste Januarie 2015 - R37'500/m
  • Te Koop R9.5m - Navrae (GEEN AGENTE ASB) Kontak Eienaar 082 297 0664
Spesiale Aanbod....

Gevorderde Kursus in Berading Jeug Spesiale Aanbod Meer Inlingting...

Luister saam...

Radio Namakwaland

 

Kom en sluit aan by Dr. Semmelink elke Dinsdag middag om 12h30 op Radio Namakwaland!

 

Luister op die internet hier, of op die radio op 93.4Mhz.

Soekboks
Inteken Vorm





Wagwoord vergeet?
Taal Voorkeur
Afrikaans
Wies Aanlyn
Kinder Molestering PDF Druk E-pos
Tuesday, 19 May 2009

 

Wat is ons verantwoordelikheid wanneer ons weet ‘n kind word gemolesteer?

Wat staan my te doen as ek gemolesteer word?

 

Dit is ‘n baie relevante vraag om dat daar in Suid Afrika 1 uit elke 3 kinders is wat gemolesteer word. 70% van hierdie kinders word deur iemand bekend gemolesteer, ‘n pa/ma, oom/tannie, oupa/ouma, selfs onderwyser/predikant!

 

Sodra jy bewus word van so ‘n moontlikheid is dit jou wetlike plig om dit onder die owerheide (skoolhoof, skool sielkundige, maatskaplike werker en/of polisie) se aandag te bring. Die wet bepaal dat as iemand geweet het en dit nie aangemeld het nie, het daardie persoon dit stilswyend goedgekeur. Hier is dit belangrik om die implikasies te verstaan:

 

  • Eerstens die kind self wat gemolesteer word is bang vir die gevolge en bly dan stil tot dit ondraaglik word of dat dit iemand anders se lewe begin raak. Hulle wil nie van hul ouerhuise verwyder word nie en sal dan eerder die molestering verdra, as om na nuwe omstandighede verskuif te word – vrees vir die onbekende!

  • Tweedens is daar die metgesel of huweliksmaat wat ook uit vrees nie by die saak betrokke wil raak nie en dalk self gemolesteer word!

  • Begrip sê nie mens keur hul stilswye goed nie, maar begrip sê ons verstaan hoe jy dink en redeneer, maar ons wil hê jy moet ons help om sulke mense wat kinders molesteer, aan die wêreld bekend maak in die hoop dat hy/sy hul gedrag sal verander – tot stilstand gedwing word!


Die onus berus enersyds op jou as vertroueling, maar andersyds op die gemolesteerde, om met die waarheid uit te kom. Die wyse waarop ons dit gaan doen sal van geval tot geval verskil. Nie almal het die vrymoedigheid om self na die owerhede te gaan nie, ander trek klein-koppie en ontken dit as hulle deur die owerhede ondervra word!

 

Daarby is dit belangrik om ook nie agter die rug van die kind sulke verklarings te gaan aflê nie – ek verkies dat die kind dit self moet doen en dan moet besluit hoe, wanneer, waar en met wie daar gesels gaan word. Indien die kind wil hê dat ek dit namens hulle doen, verkies ek dat die kind saam met my gaan!

 

Hoe dit ookal sy, as jy weet van of self gemolesteer word, kom ons wend ‘n poging aan om sulke mense te stop sodat hulle nie voortgaan op hulle afbrekende en afskuwelike gedrag nie!

 

 

Comments
Add NewSearch
Write comment
Name:
Website:
Title:
 
 
Security Image
Please input the anti-spam code that you can read in the image.

Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved.

Laaste opdatering ( Wednesday, 20 May 2009 )
 

Section 21 | Registration No: 1999/08895/08 | Welfare No.: 008954
Copyright © 2019 - Youth at Heart Development
Website Design & Hosting By Web 500